HealthTravel

Koronavirus: Beitbrug grenspos sal nooit gesluit word nie

Suid-Afrika se minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het gesê dat die sluiting van verskeie van die land se toegangspoorte as deel van die regering se nasionale rampmaatreëls in die lig van die koronavirus (COVID-19) pandemie nie die sluiting van die besigste grenspos in Afrika, die Beitbrug grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe wat 24 uur oop is, affekteer nie.

Tot dusver is geen bevestigde koronavirus gevalle in Zimbabwe aangemeld nie.

Drie grensposte tussen Suid-Afrika en Mosambiek word gesluit wat beteken dat net een grenspos beskikbaar sal wees. Tussen Suid-Afrika en Namibië word vyf van die sewe grensposte toegemaak.

Die 53 grensposte wat gesluit word bedien nie kommersiële deurgang nie aangesien dit slegs die beweging van mense, voetgangers en motorkarre monitor. Nog ’n rede is dat hierdie grensposte nie oor gesondheidsfasiliteite, wat deur die departement van gesondheid beman word, beskik nie. Hulle beskik dus nie oor fasiliteite om enige gesondheidstoetse soos die neem van liggaamstemperatuur te monitor nie aangesien die poste net oor polisie- en beamptes van die departement van binnelandse sake beskik.

Suid-Afrika het nou ’n reisverbod geplaas op reisigers vanaf China, Duitsland, Iran, Italië, Suid-Korea, Spanje en die VSA sedert gister, Woensdag 18 Maart, asook op Suid-Afrikaners wat na Verenigde Koninkryk, Europa, VSA, China en Suid-Korea reis.

Die Grensposte wat gesluit word, is:
Alexanderbaai, Sendelingsdrfit, Onseepkans, McCarthy’s Rest, Middelputs, Rietfontein, Gemsbok, Tweerivieren, Bray, Mokopong, Mokghibistadt, Swartkopfontein, Derdepoort, Stockpoort, Platjan, Pondrift, Zanzibar, Pafuri, Giriyondo, Emahlatini, Bothashoop, Waverley, Nerston, Josefsdal, Kosibaai, Onverwacht, Sanipas, Boesmansnek, Tellebridge, Ongeluksnek, Ramatsiliso, Mononsthapas, Pekabridge, Makhaleng, Sephaphusgate en hawens – Mosselbaai en Saldanha.

(Volgens onlangse inligting – bevestig eers by binnelandse sake indien jy ‘n grenspos wil gebruik).