Prasa nog nie begrawe met vermiste R75 miljoen

Die Spaanse vervaardiger van Prasa se veelbesproke Afro4000 lokomotiewe, kon tot dusver nie daarin slaag om die betaling van meer as R75 miljoen aan ‘n voormalige kollega en vriend van die sukkelende staatsbeheerde maatskappy se voormalige Hoof uitvoerende bestuurder te verduidelik, nadat die Nasionale Tesourie die Europese spoorweg maatskappy genader het om inligting te verskaf aangaande finansiële bande met plaaslike “subkontrakteurs” en “vennote”.…

Read more

Verskuiwing van gedrukte koerante na Digitaal

Die verskuiwing van gebruikers na digitale opsies, veral om nuus te bekom, sal volgens die Uitvoerende Bestuurder van Naspers, Bob van Dijk, binne die volgende paar jaar voltooi wees. Volgens hom kan dit drie, vyf, sewe of self 10 jaar neem voordat koerante in die gedrukte formaat nie meer geredelik beskikbaar sal wees nie – alhoewel nuus volgens hom steeds ‘n aanloklike bedryf sal wees.…

Read more

Hoekom besoek Afrika leiers buitelandse dokters?

Die presidente van Nigerië, Angola, Zimbabwe, Benin en Algerië het almal iets in gemeen – ‘n waarskynlike tekort aan geloof in hul eie land se gesondheidstelsel.

In terme van wie die meeste tyd oorsee spandeer om mediese hulp te kry, vat Nigerië se president Muhammadu Buhari (74) die koek, maar al die leiers van bogenoemde lande reis oorsee om daar mediese dienste te bekom.…

Read more

Suid-Afrika – Die Gesteelde Land

Die saak van die gesteelde land gesien deur die oë van generasies wie se voorvaders die vaardigheid van skrif en die lees daarvan ontwikkel het en dit as kultuur uitgebou het om tred te hou met die werklikheid van die tyd wat jy as mens op die aarde deurbring, verskil totaal van ongeletterde inwoners, wie se voorvaders nog nooit eens hieraan gedink het nie, wat van dag tot dag leef sonder om voorsiening vir die volgende dag te maak.…

Read more

Maar die boeke moet klop: Als in beteken als moet uit!

Volgens ‘n geskrewe verklaring wat die DA ontvang het na aanleiding van hulle brief aan die Voorsitter van die Staande Komitee op Openbare Rekeninge, Snowy Kennedy, om verslag te lewer oor die R70 miljoen wat deur drie Limpopo departemente net aan reis en onthaal toelaes tussen April 2016 en Maart 2017 spandeer is, is dit duidelik dat dié drie departemente skuldig daaraan is dat hulle openlik die belastingbetalers se geld gemors het.…

Read more

Agt-uur werkdag uitgedien

Die tradisionele werkdag van agt ure is ’n uitgediende en ondoeltreffende benadering tot werk wat eintlik produktiwiteit ondermyn, sê Linda Trim, direkteur van die werkplekspesialiste Giant Leap.
Trim sê die tradisionele agt uur werkdag is ’n oorblyfsel van die nywerheidsrevolusie toe daar geglo is die getal ure van taai handearbeid op die fabrieksvloer moet ’n bietjie ingeperk word.…

Read more