Scroll down for English
Kaapstad se Ontspannings- en Parke-departement het belangstellendes in die Mitchells Plain gemeenskap verlede week by ’n roosboom-snoei werkswinkel by die Westridge Roostuin in die Westridge Tuine betrek.
As geskiedkundige erfenis vorm die Kaapse Vlakte ’n belangrike deel in die geskiedenis van Kaapstad. Dit is in hierdie park op die vlakte, met sy groot verskeidenheid flora en met die inheemse Kaapse fynbos as een van die park se waardevolle nalatenskappe, waar jy nie net alleen die botaniese waarde van plante ervaar nie maar dit is ’n lieflike park wat jou uitlok om ook al sy ander flora-skatte te ontdek.
Die uitsonderlike roostuin is ontwikkel toe finansies deur die Stedelike Hernuwingsfonds in 2010 beskikbaar gestel is, inderdaad ’n grootse toevoeging tot die park.
Teen hierdie as agtergrond was die rosetuin die ideale plek waar inwoners, insluitend skoliere en seniors, die Stadpersoneel en tuinkundiges van Ludwig’s Roses en Master Organics meer kon leer om die kuns van snoeiwerk van rose, asook die verdere sorg daarvan, te bemeester.
Aspekte soos snoeitegnieke, toediening van kunsmis teenoor die regte voeding asook die korrekte skedules om dit toe te pas en die beste tyd om die rose te knip is behandel.
“Hierdie tuin is die gemeenskap se skat om te bewaar. Saam te werk, nie net om die rose te versorg nie, maar ook om skakels met mekaar te vorm, tegnieke te deel en ’n spasie te skep wat almal kan geniet,” aldus Raadslid Francine Higham oor die tuin.
Volgens die plaaslike kiesafdeling raadslid, Ashley Potts behels werkswinkels soos hierdie meer as net tuinwerk. Dit dien ook om kennis tussen generasies oor te dra en bied aan die gemeenskap die werktuie om trots te kan wees op gedeelde spasies.
Baie is geleer deur die insette van die seniors teenwoordig, uit eie ondervinding, wat weer deur die jonger mense na hul eie tuine oorgedra kan word.
’n Spesiale dank ook aan Zandiswe Qoma, Tuinboukindige Hoof en Wayne Steyn, Superintendent, tesame met die Westridge Tuine span vir hul harde werk en betrokkenheid, nie net ten opsigte van hierdie werkswinkel nie maar ook vir die versorging van die tuin regdeur die jaar.
Later in die seisoen gaan inwoners uitgenooi word na ’n ‘Rose Skou’ wanneer hierdie roostuin, met sy lewendige helderkleurige bloesems, die besoeker bloot sal stel aan die ongelooflike verskeidenheid van kleur en geleentheid bied om die soet rosegeur in te adem.
Buiten die rosetuin vorm die verskeidenheid flora wat besigtig kan word ’n oase in die hartjie van hierdie woelige woongebied.
Besoekers word genooi om die verkillende paadjies binne die Westridge Tuine te verken. Stappers en dié met hul honde aan leibande is ook welkom, so ook fietsryers.
Buiten dit is daar ’n speelarea vir kinders met opwindnede apparate wat vir kinders van verskillende ouderdomme ontwerp is, asook vir kinders wat fisies gestrem is.
Vir skaatsplankryers is daar hul eie arena wat opwindende uitdagings bied en daarmee saam dan ook ’n breër gedeelte van die gemeenskap se belangstelling, uitlok waardeur sport en gesonde aktiwiteite bevorder word.
Die Westridge Tuine is geleë te Morgensterweg, Mitchells Plain.
Toegang is gratis en wel binne die volgende ure:
Daagliks vanaf 07:00 tot 19:00 vanaf September tot Maart; en vanaf 07:00 tot 18:30 vanaf April tot Augustus.
Vir meer inligting skakel 021 371 5131 gedurende bogenoemde tye.

Councillor Higham is shown the finer art of pruning by Jamie Lee Martinus and Janine Carriem.

The rose pruning workshop drew young and old residents.
Things are looking rosy at Westridge Gardens
The City’s Recreation and Parks Department brought the Mitchells Plain community together this week for its annual rose pruning workshop at the Westridge Rose Garden. This marks the first step towards a spectacular spring bloom.
Residents, including learners and senior citizens, joined City staff and gardening experts from Ludwig’s Roses and Master Organics to learn the art of pruning and caring for roses.
The workshop covered pruning techniques, fertilising versus feeding, proper feeding schedules and the best time to cut the blooms. Participants also discovered creative uses for roses, including rose-flavoured meringues and a children’s vitamin C syrup – a fun and educational twist that delighted attendees.
‘This garden is a community treasure. By working together, we’re not just caring for the roses, but also building connections, sharing skills and creating a space that everyone can enjoy,’ said the City’s Mayoral Committee Member for Community Services and Health, Councillor Francine Higham.
‘Workshops like these are about more than gardening. They’re about passing knowledge between generations and giving our community the tools to take pride in our shared spaces. It was wonderful to see seniors and youth learning from one another and from the experts,’ said local Ward Councillor Ashley Potts.
Seniors especially appreciated the opportunity to share their own experiences and receive expert feedback, while youth enjoyed learning hands-on skills that can be applied at home or in community gardens. The workshop formed part of a broader initiative to promote environmental stewardship, recreational opportunities and community engagement in Mitchells Plain.
A special note of thanks is extended to Zandiswa Qoma, Horticultural Head and Wayne Steyn, Superintendent, along with the Westridge Gardens team for their hard work and dedication — not only in making this event a success, but also in their ongoing care and maintenance of the garden throughout the year.
Later in the season, residents will be invited to attend a ‘rose show’ to admire the garden in full bloom – a fitting reward for their care and effort.

