Nasionale Parke Gratis week – 22-28 September 2025

2025 Sept 18 - Marakele Feature oop naweek

Besoek Suid-Afrika se Nasionale Parke Gratis tydens die Jaarlikse-Gratis-Week-Toegang

Suid-Afrika Nasionale Parke (SANParks) se jaarlikse Gratis Toegang Week vir dagbesoekers is vanjaar vanaf  Maandag 22 September tot Sondag 28 September 2025.

Al die een en twintig parke, onder die bestuur van SANParks, sal gedurende hierdie tydperk gratis besoek kan word.

Hierdie jaarlikse gratis week het deur die jare baie  bygedra om meer besoekers te trek om hul vakansies daar te geniet.

Tydens hierdie week kry meer mense die geleentheid om ons ryk natuurlike nalatenskap te ervaar is daar ook die vordering wat gemaak word om besoekers in te lig en bewus te maak van die waarde van die bewaring van gebiede soos hierdie vir die nageslag.

Let ook op die beperking op besoekpunte by parke soos bv Tafelberg Nasionale Park wat toegang tot Boulders Beach en die Tafelberg Kabelkar uitsluit.

Besoekers word gedurende die gratis week ook bewus gemaak van die ooreenkomste met die omliggende gemeenskappe en vennootskappe wat tussen die sakesektor, wetenskaplikes en toesriste bestaan dit moontlik maak om die bewaringspogings volhoubaar as erfenis vir die land te kan uitvoer.

Besoeker moet net kennis neem dat die gratis toegang nie toegang tot die akkommodasie fasiliteite, asook ander toerisme aktiwiteite nie.

Onthou om jou ID (kaart of groen boekie) saam te neem om gratis toegang te verseker – Daar sonder – Geen Toegang!

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.