Agt strande binne die Groter Kaapstad munisipaliteit het onlangs hul status as Blouvlag Strande vir die 2025/26 seisoen verwerf.
Die nasionale toekennings is vanjaar tydens ’n seremonie op Port Alfred op 31 Oktober deur die Wild en Omgewings Vereniging van Suid-Afrika (WESSA) gemaak.
Hierdie jaarlikse toekennings gee erkenning vir uitmuntende kusbestuur en volhoubare toerisme en is vir die eerste keer in 2001 gemaak.
Die toekennings word gedoen in terme van WESSA se Blouvlag (Blue Flag) en Groenkus (Green Coastal) Programme in samewerking met die Stede en het ten doel om kritieke omgewingskwessies wat die kusomgewingsbestuur tot voordeel van gebruikers van hierdie ekositeme, aan te spreek.
Hierdie toekennings word gemaak op grond van omgewingsbestuur, waterkwaliteit, veiligheid en dienste asook onderrig in omgewingsbewaring.
Cindy-Lee Cloete, hoof uitvoerende beampte van WESSA, het daarop gewys dat hierdie inisiatiewe verantwoordelike toerisme aanspreek. So-ook word die rol wat die gemeenskappe speel om hierdie natuurlike spasies te versorg, op die voorgrond geplaas.
Die strande in Kaapstad wat die Blouvlag-gradering ontvang het is Bikini Beach in Gordonsbaai asook Muizenberg en Vishoek aan Valsbaai. Die ander strande is Melkbosstrand en Silwerstroomstrand aan die Weskus asook Clifton 4de, Kampsbaai en Llandudno nader aan Kaapstad.


Cloete het verder genoem dat strande, marinas vir plesier en ander kleiner bote asook operateurs van bote wat vir toerisme aangewend, geloof word vir hul doelgerigtheid deur verantwoordelike persone wat verseker dat die streng riglyne vir Blouvlag status gehandhaaf word.
Die Blouvlag seisoen begin amptelik op 1 Desember 2025 en duur tot 31 Januarie 2026 en gedurende hierdie tyd sal die Blou Vlae by die strande wapper.
Besoekers kan dus hier uitstekende kustoestande, water wat weekliks getoets word asook goedversorgde fasiliteite en verhoogde veiligheidsmaatreëls geniet.

