Nuwe Vloot Voertuie vir Thabazimbi Munisipaliteit

2025 Aug 27 - Nuwe Vloot Voertuie Website Feature

Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit het ’n nuwe vloot voertuie, wat wissel van bakkies, personeel- sowel as verkeersbeheer voertuie tot die sogenaamde “Geel” industriële voertuie wat insluit ’n kruiptrekker laaigraaf en voorentlaaiers (TLB) en instandhoudingsvoertuie soos watertrokke en ’n oorhoofse “cherry picker” vir werk aan oorhoofse lyne, op Dinsdag 19 Augustus amptelik in ontvangs geneem.

Sedert 2016 moes baie van hierdie voertuie gehuur word en het personeel selfs hul eie voertuie teen vergoeding vir die uitvoering van hul pligte gebruik.

Die aanskaffing vna hierdie vloot is moontlik gemaak deur befondsing deur die Departement van Koöperatiewe Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake asook die Limpopo Nasionale Tessourie met die doel op die verbetering van munisipale diense en dienslewering.

Die vloot voertuie bestaan uit elf bakkies, twee sedanmotors, een wipbak vragmotor, twee watertrokke, een “Cherry picker”, een “Jet” vragmotor, drie TLB’s en een kruiptrekker-laaigraaf.

Thabazimbi Munisipaliteit se Burgemeester, Raadslid Tumisang Pilane het tydens die geleentheid daarop gewys dat “Hierdie hulpmiddels versterk die infrastruktuur en plaas die munisipaliteit in ’n beter posisie om die gemeenskap te dien,” en met “Die aanwins van hierdie vloot voertuie is ’n betekenisvolle stap in die munisipaliteit se poging tot die lewering van doeltreffende en effektiewe dienste wat deur die inwoners benodig word,” afgesluit.

Sien ook artikel geplaas in Kwêvoël 22 September 2016 – Sinvollle samesprekings gee hoop vir Thabazimbi Munisipaliteit – Gebruik soekfunksie by www.kwevoel.co.za

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.