Reuse golwe vernietig Australiese strande
Reuse golwe het die afgelope week strande aan die kus noord van Sydney verwoes en talle huise loop die gevaar om inmekaar te tuimel as gevolg van die gepaardgaande erosie.
Volgens die owerheid is rekord golwe van so hoog as 11 meter aan die stad se kuslyn aangeteken. Die golwe is deur ’n sterk laagdrukstelsel oor die gebied veroorsaak wat oor sowat 2 100km van die land se kuslyn strek.
In die kusvoorstad van Wamberal, noord van Sydney, is die erosie so erg dat huise se fondasies blootgelê is en talle sondekke het reeds in die slag gebly.
Klimaat-verandering is reeds meer as twee jaar gelede genoem as rede vir hoër seevlakke en uiterste weersomstandighede soos bo-normale reënval en, oorstromings en sterk storm onderstromings wat alles ’n invloed kan hê op die land se kusgebiede.
Bron: BBC