Kaapstad se R523 miljoen pyp-vervangingsprojek meer as halfpad voltooi
Kaapstad se Water- en Sanitasie-Direktoraat het sedert die begin van die 2024/2025 finansiële jaar beduidende vordering in die opgradering van die kritieke infrastruktuur getoon deur 63 persent van die geteikende 50 000m waterpype en 64 persent van die geteikende 100 000m rioolpype regoor die Groter Kaapstad te vervang.
Tot op datum is 31 626m water- en 64 136m rioolpype regoor die munisipale area sedert die begin van die finansiële jaar in Junie 2024 vervang.
Hierdie poging hou tred met die Stad se onderneming om dienslewering te verbeter deur die vervanging van verouderde water- en sanitasiepype infrastruktuur.
Gedurende 2025 alleen is die volgende pypvervangings gedoen:
2 162m waterpyp in Goodwood, Seepunt, Sarepta Kuilsrivier, Ottery, Retreat, Kommetjie, Glencairn en Houtbaai.
6 269m rioolpyp in Constantia, Plumstead, Soneike, Kuilsrivier, Belville en Uitsig.
Deur die proaktiewe instandhouding, rehabilitasie en opgradering van water- en rioolpype word die risiko van diensonderbrekings verlaag. Dit verminder ook rioolblokkasies, die oorloop van riole en bied ʼn gesonder omgewing vir inwoners.
Gebiede geniet voorkeur vir pypvervanging gegrond op verskeie faktore wat insluit:
Indiepte ondersoeke en riglyne om verouderde infrastruktuur te identifiseer en moontlike kapasiteits-opgradering te bepaal.
Ontleding van insette ontvang van die publiek asook depotverslae aangaande probleme met pypleidings.
Geografiese Inligtings Stelsels (GIS) kaartering, wat noodsaaklike inligting soos pypgroottes, ligging, mangate en huishoudelike aansluitings bevat.
Met meer as 9 000km rioolpype wat eiendomme in die Groter Kaapstad verbind, speel hierdie infrastruktuur belegging ʼn onmisbare rol om betroubare diens aan die stad se groeiende bevolking te verseker.



Kaapstad het ʼn Suid-Afrikaanse rekord infrastruktuur begroting van R39,5 miljard oor drie jaar goedgekeur, meer as die van drie Gauteng Metro’s gekombineerd.
Verder is bereken dat 75 persent van infrastruktuur besteding direk die voordele van laerinkomste huishoudings, met die pro-armoede gedeelte, wat R9 miljard beloop vir die 24/25 Finansiël jaar, meer as die totale infrastruktuurbegroting van enige ander stad in Suid-Afrika.
Uitgereik deur: Mediakantoor, Groter Kaapstad
