EditorialEntertainmentFeatured

Skoolvakansie Programme – Verbeter jou kind se kennis vaardighede

Biblioteke gaan nie net oor uitleen van boeke nie

Kaapstad se biblioteke is nie alleen die bron vir duisende storieboeke nie maar ook verskeie boeke wat vir naslaan oor ʼn baie wye spektrum van onderwerpe aangewend kan word.

Hier kan jy, sonder dat dit vir jou geld kos om data aan te koop, die antwoorde op die meeste van jou vrae opgeteken in ʼn boek, reeds vir honderde jare en dekades voor die koms van die internet, vind.

ʼn Onderwerp soos die geskiedenis van die Franse filmbedryf sou jy dalk net met moeite kon opspoor, maar nou, 24 jaar nadat ʼn boek wat juis oor hierdie onderwerp handel sy pad weer terug na die biblioteekrak gevind het, sal dit beslis makliker gaan.

2025 Mrt 27 - Biblioteek vakansie program verlore boek terug
Central Library Assistant Librarian, Nicole Smith, with the book that has been the talk of the town during the most recent Fine Free Week


Die boek getitel ‘French Cinema deur Roy Armes’ moes oorspronklik op 8 Maart 2001 terugbesorg word. Die boek het intussen wyd beweeg, selfs oor internasionale landsgrense.


Die boek is ontdek toe die lener onlangs deur gebergde items sorter het en daarop afgekom het. Die boek is gedurende die Boetevry Biblioteekweek terugbesorg nadat die lener aangebied het om die boek terug te koop.


Volgens die Burgemeesterskomiteelid gemoeid met Gemeenskapsdiens en Gesondheid, Raadslid Francine Higham, is die boek steeds bruikbaar en histories in eie reg.
Boeke bly waardevol en met sowat 40 000 uitstaande items ter waarde van meer as R4,6 miljoen is dit nou die tyd om daardie vergete boek uit te grawe en gedurende een van die Boetevrye weke, waarvan daar nog ‘n paar hierdie jaar voorlê, terug te gee.


Al het jy van woonplek verander, enigeen van die stad se biblioteke sal die boek terug verwelkom.

Verskeie inligtingsprogramme wat die kinders tydens die skoolvakansie teiken, word by die stad se biblioteke aangebeid. Besoek gerus: www.capetown.gov.za/holidayprogrammes vir meer inligting.

By Strand Biblioteek word daar op 1 April vanaf 10:00 tot 11:00 ʼn bewaringsprogram oor Vleilande (Wetlands) aangebied en is geskik vir kinders 4 tot 12 jaar.
Op 2 April is die aanbieding geskik vir 2 tot 6-jariges met die onderwerp Little Musical Explorers van 10:00 tot 11:00 en op 3 April word daar vanaf 10:00 tot 12:00 Stories vertel oor die vindingrykheid van seediere.

Vir hierdie aanbiedinge kan Linda Bruwer by 021 444 3106 gekontak word of stuur e-pos na linda.bruwer@capetown.gov.za

By Gordonsbaai Biblioteek word daar op 29 Maart vanaf 11:00 tot 12:00 meer geleer oor Minecrafters – Decorating cake pops en op 3 April vanaf 17:00 tot 18:00 kan die Gordonsbaai Wetenskaplike boffins meer leer oor Niels Bohr en die maak van atoom modelle.

Vir hierdie aanbiedinge kan u Melanie van Sitters skakel by 021 400 6370 of e-pos by gordonsbay.library@capetown.gov.za

By Somereset-Wes Biblioteek is dit op 1 April vanaf 10:00 tot 11:00 Storietyd en vaardighede.
2 April vanaf 10:00 tot 11:00 is dit tyd vir vaaardigheids aktiwiteite en op 3 April vanaf 10:00 tot 11:00 kan daar meer geleer word oor lewenslesse en vaardigheids ontwikkeling.
Vir die aktiwiteite by Somerset-Wes biblioteek kan u Nicholas Stallenberg by 021 400 2867 skakel of e-pos by somersetwest.library@capetown.gov.za.

Ondersteun gerus die biblioteke in hul poging om die kinders se vaardighede te bevorder.