CommunityFeaturedGeneral

Opgradering van Muizenberg Strandfront skop af

Die opgradering van die Muizenberg strandfront is Maandag 10 Februarie van stapel gestuur.

Die werk beïnvloed die beskikbare parkering en die publiek moet daarop let dat die informele parkeergebied al langs die spoorlyn af aan die westekant van Surfer’s Corner vir die volgende paar maande gesluit sal wees.

Die werk aan die Muizenberg strandfront behels ondermeer die opgradering van publieke geriewe asook die vervanging van die verouderde strand-keermure.

Werk aan die westelike gedeelte van Surfer’s Corner, al langs die spoorlyn af, het reeds Maandag begin en die klein parkering aan die strandkant van die Muizenberg Burgersentrum kom volgende aan die beurt.

Die strand sal te alle tye toeganklik wees alhoewel gedeeltes waaraan gewerk word, sal as veiligheidsmaatreël afgesper word.

Die werk sal vanaf Maandae 07:00 tot Saterdae 17:00 geskied. Afhangend van die seegetye en die status van die projek, mag van die werk dalk na-ure geskied.

Besoekers aan die Muizenbergstrand moet kennis neem dat parkering aan die seefront tydens besige dae ʼn uitdaging gaan bied weens die sluiting van die vermelde parkeerterreine.

Besoekers word versoek om dus geduldig te wees met vertragings na en vanaf Beach Road.

ʼn Beroep word ook op die publiek gedoen om kennisgewings wat aangebring word te eerbiedig en gedeeltes waaraan gewerk word te vermy, ook om te verseker dat troeteldiere ook van hierdie gebiede sal wegbly.

Wees ook versigtig met konstruksie voertuie wat voorraad daagliks by die werksgebiede moet aflewer asook vir die grondwerke met die blootstelling van ondergrondse dienstestrukture aan die westekant van Surfer’s Corner.

Gaan loer gerus by die verskeie inligtingspunte op die strand na die kunstenaarsvoorstellings van hoe die gebied na die opgradering sal uitsien asook van hoe die opgradering van publieke fasiliteite daar sal uitsien.

Uitgereik deur die Mediakantoor – Munisipaliteit Groter Kaapstad

2025 Jan 30 - Alternative parking Muizenberg beachfront
Kaart: Beplande werk aan die Muizenberg strandfront