AgriculturalBusinessEditorialFeaturedPropertyTop Stories

DA Handhaaf teenkanting teen nuwe Onteieningswet

Die Demokratiese Alliansie sê in ʼn Mediavrystelling dat hy sy teenkanting teen die Onteieningswet op Grondwetlike gronde handhaaf.


“Ons glo egter nie dat Suid-Afrikaners gestraf moet word vir die ANC se gebrekkige beleid, soos voorgestel deur President Donald Trump nie. Die DA het ‘n verklaring uitgereik om die punt te maak.”


Die vrystelling het ook gemeld dat die DA sedert 2018 daarop gewys het dat verskeie klousules binne die wet, grondonteiening sonder vergoeding in die toekoms moontlik maak.


Verder bemagtig die Wet die staat om te onteien vir vergoeding bo nul – ver onder markwaarde.


Ons glo hierdie gevalle hou ‘n ernstige risiko vir eiendomsreg in en ondermyn Artikel 25 van die Grondwet, veral in die hande van die RET-faksie van die ANC en hul bondgenote. Daarom sal ons voortgaan om die Wet op grondwetlike en prosedurele gronde te beveg – met alle middele tot ons beskikking.


Beleidsonsekerheid oor ‘n staat se vermoë om eiendomsreg te beskerm is ‘n beduidende afskrikmiddel vir binnelandse en buitelandse beleggings. Dit sal uiteindelik ekonomiese groei belemmer en werksgeleenthede uitwis.


Lande soos Amerika gebruik markverwante onteieningsmeganismes om kritieke openbare infrastruktuur soos paaie, elektrisiteit-transmissielyne en paaie te ontwikkel. Die DA glo dit hoort die staat se enigste wettige gebruik van onteieningsmeganismes in die openbare belang te wees.


Die DA het nog altyd grondhervorming en billike toegang tot grond ondersteun. Die Wet op Onteiening was nie bedoel om grondhervorming en restitusie te hanteer nie – aangesien dit ingesluit is in ander bestaande wetgewing: die Wet op die Herstel van Grondregte en die twee Grondhervormingswette.


Die Onteieningswet maak verkeerdelik “nul vergoeding” moontlik, op grond van die bewering dat dit in die openbare belang is vir grondhervorming en regstelling, maar ignoreer die openbare belang wat ekonomiese groei en werksgeleenthede betref. Groei en werk is nie moontlik sonder veilige eiendomsreg nie.

Die DA sal dus die stryd teen die Onteieningswet tot die bitter einde neem:
• Ons sal die RNE-strukture gebruik om ons teenkanting teen die wet van binne die regering te dryf. Ons het reeds ‘n dispuut oor die ondertekening van die wet verklaar;
• Ons sal hierdie wet hof toe neem, waar ons sal aanvoer dat die wet noodlottig gebrekkig is;
• Solank Dean Macpherson, of enige ander DA-verteenwoordiger, die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur is, sal ons Suid-Afrikaners deur die verantwoordelike Minister teen die Wet beskerm.
• Ons sal met eendersdenkende burgerlike organisasies, wat soos ons toegewyd is aan privaateiendomsreg, saamwerk. Ons bedank sulke organisasies vir hul aktivisme en toewyding aan Suid-Afrika se beste ekonomiese belange.Ons sal voortgaan om ons spiere te gebruik om Suid-Afrikaners te beskerm teen die misbruik van mag en verdere ekonomiese mislukking.

Ons sal veg om die ekonomie te laat groei en indiensneming te verhoog.

Die verklaring sluit af deur te sê: “Ons sal die ANC se strewe vir Onteiening sonder Vergoeding stop. En met meer openbare steun, sal ons suksesvol wees.”

Verwys ook: Kwêvoël 23 Mei 2018