Minister bevestig motorfiets-ambulanse is onbruikbaar
Die minister van gesondheid, dr Zweli Mkhize, het bevestig dat die motorfiets-ambulanse wat onlangs deur die Oos-Kaap teen die aardige bedrag van R10 milj aangekoop is, nie in die basiese vereistes ingevolge Nood Mediese Dienste (EMS) regulasies voldoen nie.
Mkhize het die kommentaar gelewer na ’n vraag van die Demokratiese Alliansie (DA) na aanleiding van die LUR vir Gesondheid vir die Oos-Kaap se verklaring tydens die bekendstelling van die voertuie op 12 Iunie, toe Sindiswa Gompa gesê het dat hierdie motorfiets-ambulanse gebruik sal word om pasiënte vanaf landelike gebiede na die naaste gesondheidsfasiliteite te vervoer.
Indien die Nasionale Departement van gesondheid die aanvanklike rede vir die aankope wysig deur te beweer dat die voertuie vir ‘n ander aanwending aangeskaf is, kan die vraag steeds gevra word hoekom daar geld gemors is deur die installering van ’n druphouer en draagbaar op toerusting wat stof in een of ander stoorplek gaan vergader.
Dit terwyl die LUR onlangs aangevoer het dat die departement bankrot is. Intussen het die provinsie se nate losgetrek toe dit moes reageer op die Covid-19 utdaging met kritiese tekorte aan personeel, te min beskikbare beddens en die styging in aantal infeksies en sterftes.