GeneralMotors

Voel jy stééds soos ’n 18-jarige kind – Nóg goedkoper brandstof maar verder ingehok?

Motoriste ontvang vanaf more, 6 Mei 2020, ’n verdere verlaging in die prys van brandstof teenoor die pryse wat reeds in April skerp geval het.

Die devaluasie van die rand teenoor die Amerikaans dollar het tot hoër basiese heffing op die prys van brandstof gelei, maar is oorskadu deur die geweldige val in die prys van Brent ru-olie, van $35.35 tot $20.00 per vat, gedurende die periode vir die vasstelling van die prys.

Die groot rede vir hierdie lae ru-olieprys kan toegeskryf word aan die inperkings wat van toepassing is in die groot ekonomieë weens die globale Covid-19 pandemie.

Die vasgestelde brandstofprys (per liter – binnelands) vir Mei sal soos volg wees – (Prys soos in April 2020 – verskil in hakkies)

Petrol 95-oktaan – R12.22 (R13.96 – R1.74)
Petrol 93-oktaan – R12.02 (R13.76 – R1.74)
0.05 % diesel (groothandel) – R11.08 (R12.69 – R1.61)
0.005 % diesel (groothandel) – R11.17 (R12.73 – R1,65)
Lampolie – R4.49 (R6.72 – R2 23)