General

AfriForum gaan druk uitoefen op Gauteng LUR vir onderwys

Die Gauteng departement van onderwys is van plan om Afrikaans en Engels as onderrigtale by skole in die townships wat te min inskrywing ontvang, in te bring.

Die departement sê dat hy nou saamwerk met skole in die gebiede waar daardie druk hoog is om leerlinge te akkommodeer deur die klaskamer kapasiteit te verhoog om die leerlinge wat nou weggewys word ook te akkommodeer. Mobiele klaskamers sal ook voorsien word om meer leerlinge te akkommodeer.

Blykbaar is die stap daarop gemik om Afrikaans sprekende leerling wat nie plasing in die skole in hulle voedingsgebied kry nie daarheen te verwys.

Volgens die Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi sê ook dat die departement besig is om skole met lae leerlinggetalle saam te smelt in ’n poging om meer Engels-medium skole daar te stel.

Volgens hom is 94,63% aansoekers reeds geplaas wat beteken dat 14 617 aansoekers nog wag om geplaas te word.

AfriForum het aangekondig dat hy op 20 November die besonderhede van die veldtog om druk op die Gauteng Premier, David Makhura, te plaas om Lesufi af te dank bepreek het. Dit volg nadat AfriForum oorstroom is deur versoeke van ouers wat genoeg gehad het van die LUR se wanbestuur van die skool-plasing poses aangesien dit betekenloos is en nie ’n permanente oplossing bied nie. Daarbý wil Lesufi ook nie verantwoordelikheid aanvaar vir die mislukking van die aanlynstelsel nie.

Carien Bloem, bestuurder van Onderwys by AfriForum, is die aanlyn aansoek stelsel maar net een van die klagtes wat deur AfriForum in sy veldtog aangespreek word.

Addisionele klagtes sluit in:
Lesufi se weiering om aksie te neem teen die voortdurende inmenging van die African Democratic Teachers Union (SADTU) by openbare skole.
Sy afbrekende verklarings oor Afrikaans en Afrikaans as onderrigtaal.
Sy rassistiese uitlatings wat gemeenskappe polariseer asook
Vermeende wanbesteding en korrupsie  binne die departement van Onderwys.

“Dit is skandalig dat die Premier steeds Lesufi toelaat om die pos te beman, ten spyte van die skade wat hy reeds aan die onderwysdepartement gedoen het. Hy word boonop gereeld deur die regering geëer vir Gauteng se uitstekende matriekuitslae.”
“Inderwaarheid kan die uitslae toegeskryf word aan die uitstekende onderwyspersoneel, kinders en ouers in die provinsie wat presteer, nieteenstaande die aanhoudende ideologiese inmenging. Die skole, ouers en kinders van Gauteng verdien beter”, het Bloem gesê.