HFM spanne presteer met muurbal en Jukskei
HFM Muurbalspelers eindig tops
HFM se muurbalspelers het op 31 Augustus 2019 aan die Junior Limpopo Muurbal Toernooi, wat in Polokwane aangebied is, deelgeneem en het as die Nommer 1 Muurbal Hoërskool in Limpopo uit die stryd getree.
Die span, wat uit drie seuns bestaan, is as die Top-3 spelers in Limpopo aangewys.

Eduard
Bisshoff het die toernooi gewen en is nou die No 1 van die o/10 spelers in Limpopo.
Daniël Kloppers het tweede geëindig en beklee die tweede posisie in die
provinsie met JL Steenekamp in die derde posisie.
Die drie seuns het met briljante spel voor die dag gekom waardeur hulle nie alleen hulself op die puntelys gesit het nie, maar ook vir Hoërskool Frikkie Meyer.
Vier van HFM Jukskeispelers gekeur vir Bondedag
Vier van HFM se jukskeispelers is onlangs gekeur om vir Limpopo op 22 Oktober aan die Bondedag, wat in Boksburg aangebied word, deel te neem.
Die vier is Keano Smit (o/14) wat gekies is vir die 0/19B span, Arno van Niekerk (o/15) wat gekies is vir die o/16 A span, Raphael de Beer (o/15) wat gekies is as kaptein van die o/16 A-span en Dylan Wagenaar (o/14) wat gekies is vir die o/16 A-span.
HFM se Jukskei organiseerder, Gerhard Booyens, is aangewys as die spanbestuurder van die o/19 seunspan.

te verteenwoordig tydens die Bondedag op 22 Oktober saam met hulle Jukskei organiseerder, Gerhard Booyens.