BusinessHealth

Medhof: Praat met ons – voor jy aanvullings kies

Toetsreekse het reeds begin maar jou kind sukkel om te konsentreer, fokus en sukkel om te leer.

’n Tekort aan sekere vitamiene wat nie deur die gewone dieet verkry word nie kan tot laer energievlakke en depressie lei. Hiermee wil jy beslis nie gedurende die toetsreeks mee opgeskeep sit nie.

Daar is ’n oplossing!

Dis nou miskien bietjie laat om oor die ongesonde eetwyse bekommerd te wees, maar daar is ’n oplossing om jou konsentrasie, fokus, produktiwiteitsvlakke en leervermoë te verbeter deur slegs ’n paar aanvullende vitamiene en minerale.

Moenie net die eerste, naaste aanvulling of vitamiene op die rak gryp nie, kom gesels gerus met Medhof se aptekers om leiding te kry deur jou simptome te bespreek en raad te kry oor die vitamiene en aanvullings wat jou gaan baat.

Een van die mees algemene aanvulling vir meer energie, fokus en oplettendheid is die B Vitamiene groep wat ’n groot rol in omtrent alles vervul, van die omskakeling van voedingstowwe in neuro-versterkers soos om serotonien sy werk te laat doen.

Hierdeur verhoog dit jou energievlakke en vermoë. Mense met Vitamiene B tekorte se leervermoë is laag, hulle sukkel met genoeg energie en word maklik afgelei van hul onderwerp.

Verskeie Vitamiene B aanvullings is beskikbaar, gesels gerus met jou apteker hieroor om die beste kombinasie te kry.

Vitamiene B kan jy deur jou gewone dieet inneem deur genoegsaam groenboontjies, aartappels, aspersies, eiers, kaas, spinasie, avokadopeer, krap en melk.

Indien jou dieet reg is maar jy sukkel steeds met fokus- en konsentrasie-vlakke moet jy dalk kyk na vitamiene D3. Hierdie vitamiene is krities vir gesonde senuwee funksies asook vir meer as 200 liggaamsprosesse, waaronder gemoedstoestand.
Die beste en maklikste manier om jou vitamiene D vlakke te verhoog is eenvoudige sonlig waaraan ons in Suid-Afrika geen gebrek het nie. Verder kan dit ingeneem word deur vis soos salm, haring (herring), sardiens en tuna, asook oesters en garnale by jou dieet in te sluit. Indien jy nie dierlike voedingstowwe gebruik nie sal jy jou maar tot sonlig en sampioene moet wend om genoeg hiervan in te neem.

Omega-3 Vetsure is die heilige ark van vitamiene en daarom word aanbeveel dat jy dit daagliks moet inneem. Die lys van liggaamlike funksies wat hierdeur ge-optimiseer word, is veelvoudig.
Dit verseker dat jy langer kan konsentreer, verbeterde geheue en jou vermoë om ingewikkelde take te bemeester en uit te voer.
Lae-vet diëte kan ernstige Omega-3 vetsure tekort veroorsaak, wat op sy beurt weer tot probleme soos fokus en konsentrasie aanleiding kan gee. In jou gewone dieet kan jy dit inneem deur vis soos salm, vet-draende vis, sardiens asook oesters, kaviaar, flaks-sade, okkerneute, suiwel asook beesvleis.

Die beproefde Vitamiene C is volgende wat jou indirek gaan help om beter te fokus en help met jou stres-vlakke.

Soos ons maar goed weet is dit te vinde in sitrus en ander vrugte soos papaya en aarbeie, spinasie, brokkoli, -tiemie en rissies.

Moenie magnesium vergeet nie. Dit verlaag stres-vlakke en het ’n kalmerende invloed, presies wat jy nodig het om op jou studies te konsentreer.

Jy kan dit tot jou dieet toevoeg deur amandel- en okkerneute, donker sjokolade, avokadopeer, sade en spinasie.

Onthou dat die volgende net so belangrik is om jou breinkrag te ontwikkel:

Doen oefening aangesien dit die verbindinge na jou breinselle versterk.

Breinkrag word verder versterk deur sink, jodium, Vitamiene B6 en B12 asook Omega-3.

Om jou balans te hou, onthou om nie jou vriende te vergeet nie – moet dit net nie oordoen nie. Selfs ’n sinvolle gesprek met iemand vir so min as 10 minute daagliks help reeds om jou brein verder te optimiseer en verbeter geheue.

Sorg dat jy genoeg slaap kry, en voordat jy jou studies aanpak na die oggend se eksamen-sessie, laat jou self toe om ’n kragslapie – “power nap”, nie langer as 30 minute nie, te neem. Jy sal verfris opstaan met nuwe krag en konsentrasie om weer te begin studeer.

Terwyl jy na die eksamenlokaal stap, neem ’n ander roete om jou gedagtes af te lei van die komende toets.

Medhof Apteek – Laat ons vir jou en jou gesin sorg