Geagte leser
Vir meer as drie dekades was Die Kwêvoël ‘n huishoudelike naam en elke Vrydagoggend was daar ‘n varsgedrukte koerant in duisende huishoudings in en om Thabazimbi. Weens die afname in advertensie-inkomste, stygende drukkoste sowel as die beskikbaarheid van platdruk papier in Suid-Afrika, kon Kwêvoël ongelukkig nie meer voortbestaan as ‘n gedrukte koerant nie, en die kantore van Moredou Drukkers moes uiteindelik toemaak vir die laaste keer.
Vir die afgelope drie jaar het die eienaar/redakteur, Pieter Coetzee, hard gewerk om die tradisionele koerant van gedrukte- na ‘n aanlyn-uitgawe te omskep om hierdie ikoniese koerant die digitale era te laat betree.
Die skuif na die digitale platform was in sommige opsigte suksesvol, maar inkomste deur advertensies het egter nie herstel nie en Kwêvoël benodig dringend fondse om by te dra om die diensverskaffers te behou en sorg dat die ligte bly brand.
U kan help! Ondersteun Kwêvoël asseblief en word ‘n beskermheer met ‘n klein maandelikse bydrae om daardeur Kwêvoël te help om sy doelstelling te behou, naamlik om die plaaslike gemeenskap op hoogte te hou van nuus en belangrike gebeurtenisse wat hulle raak. Druk net op Become A Patron hier onder, en kies watse bydrae jy wil maak. Dankie vir u ondersteuning!