15 Verdagtes vas na Fabrieke in KZN Brand
Die polisie het bevestig dat 15 mense gearresteer is in verband met brandstigting by vyf fabrieke in KwaZulu-Natal se noordkus die afgelope naweek.
Die vyf fabrieke, waarvan een heeltemal afgebrand het, is die naweek in die Mandeni Isithebe Industriële gebied aan die brand gesteek.
Blykbaar was die gemeenskap ongelukkig met die burgemeester, raadslid Siphelele Zulu, en het op sy bedanking aangedring.
Volgens die Lid van die uitvoerende komitee van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake, Sihle Zikalala word die fabrieke, wat aan die Ithala Ontwikkeling Korporasie behoort, sedert Maandag verlede week geteister deur opruiende inwoners wat ongelukkig met die plaaslike munisipaliteit is.
Zikalala het, het ook genoem dat die provinsiale regering bekommerd is oor die sewe vragmotors wat verlede week langs die N3 aan die brand gesteek is. Hierdie is KwaZulu-Natal se toegangsroete tot Suid-Afrika se ekonomiese hartland in Gauteng.
Hy het ook ’n beroep op gemeenskappe gedoen om nie hierdie ekonomies kerns die teiken van hulle woede te maak nie.