General

Brandstof en krag verhogings geen April-Gek Grap

Dis geen April-Gek grappie vir Suid-Afrikaners wat die eerste week in April binnegaan onder die swaard van verhoogde elektriese kragtariewe asook ’n skerp styging in brandstofpryse wat oor hul koppe hang.

Die Nasionale Energie Reguleerder het ’n verhoging van net meer as 9,4% in elektrisiteit-tariewe goedgekeur wat vandag, Maandag 1 April, in werking tree.

Verder sal verbruikers die hand nog dieper in die sak moet steek met die departement van energie wat Saterdag amptelik die nuwe brandstofpryse vir April aangekondig het.

Die verhoging tree op 3 April in werking wanneer die prys van 95-oktaan met R1,31 per liter in Gauteng en met R1,26 per liter aan die kus sal styg.

Die prys vir 93-oktaan styg met R1,34 per liter in Gauteng en met R1,29 per liter aan die kus.

Diesel met swaelinhoud van 0,05% sal met 81,7 sent per liter in Gauteng styg en met 76,3 sent per liter aan die kus.

Diesel met ’n swaelinhoud van 0,005% sal met 82,7 en 77,3 sent per liter onderskeidelik in Gauteng en die kus styg.

Paraffien se prys styg met 63 sent per liter in Gauteng en met 56,3 sent per liter aan die kus en
LP-gas se prys verhoog ook met R1,71 per kg.