Skerp styging vanaf more in Brandstofpryse

’n Skerp styging in die prys van brandstof is Maandag, gister, deur die Departement van Energie aangekondig. Die styging sal 74 sent/liter vir petrol, tussen 91 en 93 sent/liter vir diesel en 76 sent vir lampolie beloop.

Volgens die departement se woordvoerder, Robert Maake, is die hoofrede vir die styging in brandstofprys te wyte aan die swakker rand teenoor die Amerikaanse dollar asook die styging in die internasionale prys van ru-olie.

Hierdie faktore het die voordeel wat motoriste sedert die verlaging van brandstofpryse van ongeveer R3 per liter gedurende Desember en Januarie geniet het, omgeswaai.

Die pryse sal vanaand om 12:00 in werking tree en sal soos volg wees.

Petrol – 93 en 95 oktaan ULP en LRP: 74 sent per liter.

Diesel – 0,05% swael: 91 sent per liter.

Diesel – 0,005% swael: 93 sent per liter.

Lampolie (groothandel): 76 sent per liter.