Grieta skielik oorlede na kort siekbed
Mev Grieta von Wielligh (72) is vroeg Sondagoggend 20 Januarie in die Polokwane Algemene Hospitaal oorlede nadat sy Vrydag in Thabazimbi Hospitaal opgeneem is met erge obstruksie in haar buik.
Sy is per ambulans na die hospitaal in Polokwane oorgeplaas waar sy toe later oorlede is voordat sy geopereer kon word.
Grieta en haar man James het ongeveer 8 jaar gelede na hul seun Roelof en skoondogter, Lusette von Wielligh in Thabazimbi verhuis waar Roelof ’n pos by Northam Plats gehad het en Luzette by HFM skool gehou het. Grieta en James het in ’n woonstelletjie by hulle op die-plot gebly.
Die egpaar het al die jare op Potchefstroom gewoon. James het gedurende 2010 op pensioen gegaan en toe hul seun met sy gesin na Thabazimbi verhuis het, het hulle besluit om saam te kom aangesien hulle dogter, Elizma, ook besluit het om saam na Thabazimbi te verhuis waar sy ’n nuwe besigheid, Thaba Graphix, begin het.
Sy word oorleef deur haar man James, kinders Roelof en Lusette, Nico en Jannika, James en Sandra, Elizma Nel en vyf kleinkinders.
Die begrafnis is Saterdag 26 Januarie om 11:00 vanuit die NG Kerk Thabazimbi. Die teraardbestelling sal in die Thabazimbi begraafplaas geskied.