98.9% matriek slaagsyfer vir Onafhanklike Eksaminasie Raad leerlinge
Die Onafhanklike Eksaminasie Raad (Independent Examinations Board – IRB) het Donderdag bekend gemaak dat 98,92% van leerlinge wat hulle nasionale senior sertifikaat IRB eksamens afgelê het geslaag het.
Volgens die hoof uitvoerende bestuurder van IEB, Anne Oberholzer, is die slaagsyfer hoër as die 98,76% slaagsyfer van verlede jaar.
Sy het verder bygevoeg dat ’n totaal van 11 513 voltydse leerlinge en 858 deeltydse leerlinge die eksamens afgelê het.
Van die leerlinge wat geslaag het, het 90,65% van hulle unversiteitstoelating geslaag. Dit is ook hoër as die 88,5% van die vorige jaar.
Sy sê ook dat die hoër slaagsyfer te wyte kan wees aan die verwydering van sommige genomineerde vakke. Voorheen moes leerlinge 50% of meer verkry in vier genomineerde vakke wat verander is dat hulle 50% in enige vier vakke, uitgesluit lewensoriëntering, moes kry.
“Umalusi het alle aspekte van die 2018 eksamineringsproses gemonitor en die uitslae as redelik en geldig verklaar,” het Oberholzer gesê.
“Daar is ’n duidelike realisme onder die IEB leerlinge, hulle ouers en onderwysers dat om kennis te hê en te verstaan wat die uitslag op die sertifikaat beteken wat noodsaaklik is vir verdere sukses.
Die Onafhanklike Eksaminasie Raad is ’n onafhanklike assesserings agentskap wat eksamens aan verskeie skole, meestal privaat skole verskaf. Hierdie eksamens word deur baie onderwysers, ouers, studente en universiteite, beide in Suid-Afrika asook buite landsgrense as ’n meer uitdagende en omvattende assessering as die Staat nasionale Sertifikaat beskou.