Community

100% Slaagsyfer vir HFM Matrieks

Al 162 matriekkandidate van Hoërskool Frikkie Meyer het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag wat aan die skool ’n 100% slaagsyfer gee.

Sover dit Bachelors (Universiteit toelating) aan betref het 130 of te wel 80,2% van die leerlinge hiervoor gekwalifiseer, 31 (19,1%) leerlinge kwalifiseer vir Diploma kursusse en 1 (0,7%) kwalifiseer vir Sertifikaat kursusse.

In die kring blyk dit dat HFM die enigste hoërskool is wat 100% slaagsyfer behaal het.

Die ander voormalige Model-C hoërskole in die omgewing se slaagsyfers was soos volg: Hans Strydom – 97%, Warmbad – 96%, Ellisras – 95% en Nylstroom – 85%.