General

Goedkoper petrol en diesel vanaf 2 Januarie

Vanaf more, 2 Januarie 2019, sal die petrolpryse aansienlik daal ingevolge die amptelike brandstofpryse wat deur die Sentrale Energiefonds bekend gemaak is.

93-oktaan petrol sal R1,22 per liter en 95-oktaan R1,23 per liter goedkoper wees.

Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% sal nagenoeg R1,54 en met ’n swaelinhoud van 0,005% R1,56 per liter goedkoper wees.

Paraffien se prys daal met R1,64 per liter.

Volgens die Sentrale Energiefonds is die wisseling daaraan te wyte dat die prys van internasionale petroleumprodukte laer was gedurende die hersieningstydperk terwyl die rand ook teenoor die Amerikaanse dollar verswak het.

Die Automobiel Assosiasie sê die verlaging in die internasionale oliepryse kan ook te wyte wees aan Amerika wat in toenemende mate ’n netto uitvoerder van petroleumprodukte word. Dit mag die Opec-lande se mag om petroleumpryse te beïnvloed aansienlik verminder.

Hierdie invloed sal oor ’n tydperk homself uitspeel en die grootste invloed op wat ons vir brandstof hier in Suid-Afrika gaan betaal gaan meer van die rand-dollar-wisselkoers afhang.