General

Ons het braaivleis – Ossies het die sous

Miskien is dit deel van ons erfenis, hierdie braaivleis wat so deel is van almal noord van die Oranjerivier, iets wat dalk uit die Groot Trek gevloei het met ’n jong wildsbokkie wat op die oop vuur gaargemaak is sonder om kookpotte vuil te maak.
’n Vinnige, gesellige manier van kosmaak waarby die groter laer ook by ’n lekker kuier betrek kon word. Afrikaners is mos plesierig en hou van partytjies.

Dis dalk die rede dat die Kaapprovinsie eers met die koms van die boereworsgordyn daar by Durbanville, dit ook as deel van hulle kultuur aanvaar het – die braaibroodjies, bykosse en nasionale braaidag het hierna bygekom.

Tradisioneel het ’n braai uit lekker braaivleis, stywe pap en ’n sousie bestaan.

So van Suid-Afrika se nasionale Braaidag en souse gepraat, die Ossies van doééér onder het by die sous vasgehaak en het selfs nou hul eie nasionale Sousdag.

Die Sousdag het anders as in Suid-Afrika nie sy oorsprong uit die geskiedenis gehad nie en het geen verwysing na hulle nasievorming toe almal vir die kleinste oortreding in hul moederland, Engeland, op ’n skip gelaai is en na plekke van aanhouding in Australië gestuur is aangesien Engeland nie met die armsalige klomp kriminele op hul eilandjie opgeskeep wou sit nie.

Sousdag verwys beslis nie na die afgewaterde sousie wat hulle voorgeslagte saam met hulle rantsoene in die tronke gekry het nie.

Toevallig hou die Sousdag wel verband met die tronk en vertel die liedjie, wat die Sousdag sy beslag op 21 Desember 1996 gegee het, die storie van ’n man wat op hierdie spesifieke dag ’n brief uit die tronk aan sy familie skryf en sy verlange uitblaker om saam met hulle Kersdag by die huis deur te bring.

Twitter het grootliks gehelp om die liedjie, “GravyDay” van Paul Kelly op die Australiese kalender by te voeg. Met verwysing na die nostalgiese familie kuier op ’n warm Kersfeesdag waar families al die pad van Queensland afreis en vanaf die kus af na die familiebyeenkoms invlieg het, het die liedjie byna kultus status as Kersliedjie gekry in teenstelling met die tradisionele verwysing na sneeu en ander koue dinge in die Noordelike halfrondte.

So is Sousdag dan ook verlede Vrydag 21 Desember gevier tot aanloop van Kersdag op 25 Desember, met al die nostalgie en verlange om net gelukkig saam te kuier.

Net soos braaivleis sy tradisionele beslag in pap en vleis gehad het, het Sousdag begin as ’n eenvoudige resep van meel en sout, ’n bietjie rooiwyn en moenie die blertsie tamatiesous vir daardie ekstra soet-suur vergeet nie, wat ontwikkel het tot ’n verskeidenheid van souse wat op dié dag voorgesit word.

Gelukkig, met die klomp Suid-Afrikaners wat hulle braaivleis stempel ook op daardie kontinent geplaas het, kan die sous met baie meer as net biefburger patties en kapokaartappels geniet word.

Nou kan die Ossies ook leer van souse met swartpeper, kaas, sampioene, knoffel – en wat kan nou beter wees as daardie biefstuk met ’n mosselsousie so op die kantlyn. Moenie vergeet van ’n goed gereduseerde rooiwynsous met so ’n bietjie gekerfde glanskersies en donker sjokolade en . . . dalk ’n bietjie chili? En weet hulle ooit hoe om ’n laaangsous te maak?

Net soos braaivleis mense bymekaarbring, maar ongelukkig in Suid-Afrika deur misdadigers gebruik word om wit mense te vermoor en te roof terwyl hulle gesellig verkeer en ontspan, spreek mens die hoop uit dat die nuwe immigrante uit Suid-Afrika die goeie van die braaivleis aan hulle gashere sal oordra en hulle nooi om die sous te bring vir die volgende braaivleis.

Vir die wat wil luister, klik op die skakel hieronder.