SAVF vakansie projek

Op die foto is Sylvia Smit (koördineerder van die projek) saam met 'n paar maats wat hulle handewerk vir die dag met trots wys.
Op die foto is Sylvia Smit (koördineerder van die projek) saam met ‘n paar maats wat hulle handewerk vir die dag met trots wys.

THABAZIMBI – SAVF skop af met hul vakansieprojek in volle fleur met tuisgemaakte “dream catchers”. Die kinders het dit vreeslik geniet en het lekker gekuier en geëet. Die kostes is R30 per dag en sluit ‘n kuns aktiwiteit, speletjies, vermaak en ‘n ligte ete in. Daar is ook ‘n snoepie beskikbaar met ysies, chips en koeldrank. Dit vind plaas op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 9 uur die oggend tot een uur die middag by 5 Parklaan. Skakel die kantoor vir navrae by 014 777 1093 of Sylvia op 084 218 1813.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.