Neem Misdadigers Vakansieverlof?

comment
Met die wens dat al die misdadigers, veral die wat afkomstig is van Zimbabwe, Mosambiek, asook die dwelmhandelaars uit Nigerië, hul Kersvakansie by hul families in hul tuislande gaan besoek, behoort ons in Suid-Afrika ‘n rustiger feesgety te ervaar.
Wat wel seker is, is dat in Suid-Afrika die Konings van die SAKP, ANC en die klomp van COSATO, tydelik hul kommunistiese ideologië sal vergeet en hulself weereens verlustige in die gerief van die Westerse Kapitalistiese leefwyse van duur vliegtuigkaartjies vir vriende en familie om hul kersinkopies in Dubai, waar alles luukser en goedkoper is as om dit in Suid-Afrika te doen.
Daar kan hulle ook gerieflik in lugverkoelde suites in die hotelle vertoef sonder om krag hoef te bespaar omdat die Eskom netwerk dalk oor die vakansie, met almal wat braai en swem krag moet bespaar om dalk ‘n sepie of twee op TV te kan kyk.
Die ANC lewer nie eens meer kommentaar op al die korrupsie wat in die binnekringe van die party, wie se belange bo die van die land en sy burgers gestel word.
‘n Vraag wat blykbaar niemand kan beantwoord nie, en hier gaan dit oor die hoender en die eier. Die maatskappy wat die tender gekry het vir die opgradering van Thabazimbi se rioolstelsel – waar is die tenderdokumente en is dit enigsins op die Raadsvergadering bespreek. Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit is bekend daarvoor dat hulle nie gereelde raadsvergaderings hou waarby al die raadslede betrokke is nie. Indien kennisgewings uitgestuur word na opposisie raadslede is dit vir besluitneming oor onsinnighede wat geen impak het op dienslewering of salarisverhogings en prestasiebonusse (dis nogal ‘n gewilde een waar die Queen haar staf swaai en . . . . “!!B@ng!” almal het ‘n groter een, of hulle is ‘n groter een, en dit rym nie noodwendig met die name Giel of Koos nie, klink net amper so).
Hulle sê ‘n man dink nie noodwendig met sy kop nie. Dit is duidelik, met die finansiële toestand van Thabazimbi in ag genome, dat hulle koppe beslis in ander plekke was.
Wys net waar ‘n “Hup-stootjie” jou kan bring, veral in die Parlement. So ‘n hupstootjie het Zuma se eerste vrou so ver gestoot dat sy dalk die volgende President van die Republiek (sic) van Suid-Afrika kan word. Teen die tyd dat die Parlement weer sy werksame moet hervat, is dit dalk oorbodig – ‘n kommunistiese land het nie meer ‘n Parlement nodig nie. Daarby word die handves van menseregte sommer ook oorboord gegooi. Volgens Zuma se uitlatings het hy niks met die handfes uit te waai nie, niemand het hom genader vir insette toe dit opgestel is nie.
Hoop ons sien mekaar weer op 15 Januarie 2016 met die eerste uitgawe vir 2916.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël