Geskenke toedraai ten bate van bejaardes

Celia Molemanie (Immergroen), Magda van Wyk, Marie Steenekamp en Dolly Botha (FF Manager)
Celia Molemanie (Immergroen), Magda van Wyk, Marie Steenekamp en Dolly Botha (FF Manager)

THABAZIMBI – Dis weer sulke tyd. Kersfees is voor die tyd deur flinke dames, ten bate van bejaardes sorg, gaan weer vir die vierde jaar geskenke toe draai.
Shoprite het die spasie gegee waar die werkspan, gestasioneer is, asook die geskenkpapier en linte geskenk.
Graag wil tannie Marie Steenekamp die gemeenskap bedank. Dankie dat u die afgelope vier jaar, ons so wonderlik ondersteun het. Daar is net nie nog so ‘n gemeenskap nie. Kom ek doen ‘n beroep op u, ondersteun ons weer so mildelik asseblief. Ons het u ondersteuning nodig hierdie jaar.
Kom help verseker dat die oumense ook hierdie jaar ‘n bederfie in die Kerskous kry. Elke donasie is ‘n groot geskenk. ‘n geseënde Kersfees word u almal toegewens.
Marie Steenekamp
Koördineerders