HFM leerlinge kry erkenning vir 2014

THABAZIMBI – Frikkie-presteerders van 2014, is Vrydag, 16 Januarie beloon vir hul harde werk deur die jaar.
Mnr. Gerrie Raubenheimer (Beheerliggaamvoorsitter) het die skool geluk gewens met die puik Gr.12-uitslae van 2014. HFM is aangewys as die beste skool in Waterberg op grond van die Gr.12 se Baccalaureus uitslae. In Limpopo beklee HFM die 10de plek uit 1413 skole.
Petro-Mari Pieterse is een van twee leerders wat 9A-simbole behaal het. Sy is ook die beste leerling in Geskiedenis in Limpopo.
Vanaf graad 8 tot graad 12 is puik prestasie gelewer. Die top presteerders van die verskillende kategorieë is:
Kultuurleerling van die Jaar – Gerdri Eloff.
Sportdogter – Nesta Schutte.
Sportseun – Benhard Janse van Rensburg.
Dux-Leerling – Lucius Potgieter (Gem. 91%).
Die hoogste toekenning wat ‘n leerling kan ontvang is die Lourierleerling. Die Lourierleerling van 2014 is Hendrik du Plessis. Hierdie toekenning gaan aan die Gr.12-leerling wat oor die vyf jaar van sy hoërskoolloopbaan die hoogste prestasie op die gebied van akademie, sport, leierskap en kultuur oplewer.
Die jaar 2014 is voorwaar afgesluit met pragtige prestasies.

Sportdogter - Nesta Schutte.
Sportdogter – Nesta Schutte.
Dux-Leerling - Lucius Potgieter (Gem. 91%).
Dux-Leerling – Lucius Potgieter (Gem. 91%).
Die Lourierleerling van 2014  is Hendrik du Plessis.
Die Lourierleerling van 2014 is Hendrik du Plessis.
Kultuurleerling van die Jaar  – Gerdri Eloff.
Kultuurleerling van die Jaar – Gerdri Eloff.
Sportseun - Benhard Janse van Rensburg.
Sportseun – Benhard Janse van Rensburg.