Ghost Riders sprei vlerke na South Coast Rally

MARGATE – Agt van Thabazimbi Ghost Riders se lede, het hul vlerke gesprei, die reën aangedurf en op 31 Januarie met hul motorfietse na Margate vertrek en op 2 Februarie weer die pad terug Thabazimbi toe aangepak. 

Die ryers het die lang pad aangedurf vir die South Coast rally, wat aangebied word deur die Ulysses SA South Coast Chapter. Fondse wat ingesamel word, word aangewend om die kusdorpies, soos Margate, Port Edward en Ramsgate, te bevorder.  Die groep manne het teruggekom met vier pryse waarvan een vir die verste klub was. Hulle het ook twee gelukkige trekkings gewen saam met die toekenning vir die vuilste motorfiets, wat heel verstane is vir die langste pad na die byweenkoms.

11-ghost riders

Agter vlnr: Bertie Cilliers; Jaco Henning; Marius Olivier, Rudolf Cilliers, Louis Bezuidenhout jr, Gorden Senekal en Louis Bezuidenhout Sr. Voor: Dawie Cilliers. Die groep het 1100km afgelê om deel te neem aan die South Coast Rally wat in Margate aangebied is.

 

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.