Community

Northam VLU weereens Tak van die

THABAZIMBI – Northam VLU in samewerking met Strewe VLU, het op Woensdag 5 Maart ‘n baie geslaagde konferensie aangebied waarby al die takke van VLU Noord-Bosveld Sreek betrek is. Die streek bestaan verder uit die VLU-takke van Beauty,  Alma, Baltimore, Ellisras, Northam, Steenbokpan en Vaalwater.

Die konferensie is op Thabazimbi in die Trollope Trophy Breeders saal aangebied waar al die konferensiegangers heerlik saamgekuier het. Northam se dames het hulself omtrent behoorlik oortref in elke opsig en is vir die tweede opeenvolgende jaar as Tak van die Jaar aangewys.

Mari Meintjes van Northam VLU het algeheel die meeste punte behaal met 675 punte. haar toekennings het bestaan uit ‘n 4de plek vir haar teemus, 2de plek vir kersboomversiering, 3de plek vir laptopsak, 2de vir saamgestelde draadwerk en 2de plek vir haar blommerangskikkink vir beginners.

Ander presteerders van Northam VLU was Dina Smit se toekenning wat bestaan het uit ‘n 3de plek vir haar kniekombers en Maritza Hasebroek wat ‘n 2de plek vir haar lappop ontvang het.

Tannie Hannetjie du Plessis, wat reeds deur die jare sinoniem met Northam VLU is, het weggestap met die trofee vir persoonlikheid van die jaar!

Northam tak is ook vir die twee agtereenvolgende jaar aangewys as toptak van die jaar en verdien daarmee ‘n groot gelukwensing wat gepaard gegaan het met ‘n groot trofee.Dames, sluit gerus by hulle aan en leer nuwe vaardighede soos verskillende maniere van borduurwerk en kuns tot kookkuns en koekversiering. mense wat reeds die verskillende tegnieke bemeester het word gewoonlik na ‘n vergadering genooi en vertel en demonstreer die dames hoe dit nou eintlik gedoen word. Dit gaan gewoonlik gepaard met ‘n werkwinkel waar die dames self kan toepas uit dit wat hulle van die praatjie en demonstrasie wysgeword het, boonop met hulp byderhand om jou te help om die regte tegniek te bemeester.

Mariehanthie van der Walt, area bestuurder van Solidariteit Helpende Hand vir Noord-wes en Limpopo, was gasspreker en het ‘n baie geïnspireerde boodskap oorgedra wat gehandel het om die mooi in die lewe en hoe jy dit moet raaksien en waardeer.

Vir enige inligting oor VLU Northam skakel ons skakelbeampte Rene Laas sel 073 429 9411. Bel haar gerus en woon een van hul vergaderings by.

11-VLU Northam 2

Northam VLU is tydens die konferensie weer as Toptak Van Die Jaar aangewys. Vlnr voor: Marinda Gagiano, Adele Langley, Dina Smit, Angela Potgieter, Maritza Hasebroek, Mari Meintjes, René Laas en Annatjie Dreyer. Agter: Hannelie Botha, Tannie Hannetjie Du Plessis. Annatjie De Waal

 

 

 

Mari Meintjes ontvang een van haar vele pryse by Annalie Ehlers.
Mari Meintjes ontvang een van haar vele pryse by Annalie Ehlers.


Tannie Hannetjie du Plessis ontvang haar trofee vir Persoonlikheid van die Jaar.
Tannie Hannetjie du Plessis ontvang haar trofee vir Persoonlikheid van die Jaar.