Nuwe SA rekord vir rooi sebra merrie
ALLDAYS – Die Hanley Wildlife Services se wildveiling het op 30 Augustus te Alldays veilingskrale plaasgevind. ‘n Nuwe SA rekord is opgestel met die verkoop van een rooi sebramerrie vir R550 000.
Die diere het die volgende gemiddelde pryse behaal: 25 blouwildebeeste teen R2414, 7 bosbokke teen R9786, 13 elande teen R5088, 9 gemsbokke teen R6678, 2 kameelperde teen R14000, 5 koedoes teen R3200, 3 rooiribbokke teen R6000, 138 rooibokke teen R984, 1 rooi sebramerrie teen R550 000, 23 sebras teen R5865 en 27 waterbokke teen R2148.
Die manlike diere het die volgende gemiddelde pryse behaal: 7 blouwildebeeste teen R3543, 7 volwasse elande teen R11500, 4 volwasse gemsbokke teen R7000, 7 volwasse koedoes teen R11671, 4 njalas teen R7500, 1 splitgene rooi sebra teen R75000 en 6 volwasse waterbokke teen R9783. Die omset was R1 574 425. Stefan Greyling was die afslaer.
Dié rooi sebramerrie het die nuwe SA rekordprys van R550 000 behaal.