VLU bou vetkoeke vir kleedkamers

SWARTKLIP – Die dames van Northam VLU het op 29 Augustus saamgespan by Angela Potgieter se tuiste om die reuse bestelling vetkoeke in gereedheid te bring. Dié vetkoek-projek is geloods ter insameling van fondse om Swartklip Laerskool se kleedkamers op te knap. ‘n Bedrag van R4381 is met hierdie projek ingesamel. Hulle bedank graag almal wat by die projek betrokke was. Kontak Marinda Gagiano 083 785 2274 om deel te word van die VLU-tak.

36-VLU Vetkoeke 2

Dames bedrywig met die vul en verpakking van die vetkoeke.