HFM bring Hoop
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het skrams voor die wintervakansie komberse en niebederfbare voedselitems aan die SAVF Thabazimbi-tak oorhandig.
HFM se Winterhoop Projek is in samewerking met die SAVF Maatskaplike Dienste geloods om ‘n leemte in minderbevoorregte mense vanuit die gemeenskap se lewe te probeer vul.
Leerders van HFM het ruim bygedra om op so ‘n manier hul Christelike waardes en liefde in aksie uit te leef.
Die klas wat die meeste items ingevorder het, is bederf deur Thaba SuperSpar wat heerlike eetgoed aan die klas voorsien het.
Die wenklas, Gr 8S, saam met hul Juf. Liezel Fouché.