AfriForum ondersoek Limpopo-premier
Die burgerregte-organisasie AfriForum het met die departement van openbare werke oor Manaka Property Investments, ‘n maatskappy waarvan Limpopo se premier, Cassel Mathale, en die voorsitter van die parlementˆre portefeuljekomitee oor finansies, Thaba Mufamadi, direkteurs is, vergader.
Die vergadering het gekom nadat AfriForum inligting ontvang het dat Manaka Property Investments na bewering huurkontrakte van drie staatsinstellings in Pretoria ontvang het. Di‚ instellings is Statistieke Suid-Afrika, die departement van binnelandse sake en die departement van waterwese.
Volgens Tiaan Esterhuizen, AfriForum se organiseerder in Gauteng, wil AfriForum vasstel of die korrekte tenderprosedure vir die verhuring van die betrokke geboue gevolg is.
AfriForum het tydens die vergadering toegang tot die dokumente en verslae van die verskeie komitees wat die goedkeuring van die tenders behartig het, gevra. Die burgerregte-organisasie het die departement van openbare werke tot einde September gegee om die dokumente te oorhandig.
“Indien openbare werke nie aan die versoek gehoor gee nie, of as ons enige ongerymdhede in die verslae bespeur, sal ons regstappe oorweeg, sˆ Esterhuizen.