Community

TBZ groet vir Carla

THABAZIMBI – Carla Isaks (26) het op Woensdag 26 September aan veelvuldige beserings, wat sy op Sondagoggend 19 Augustus in ‘n motorongeluk opgedoen het, beswyk.

Carla is op 26 Oktober 1985 in Upington gebore. Sy was ‘n oudleerling van Daniëlskuil Hoërskool, waar sy haar Matriek voltooi het.

Sedert 1 Junie 2006 was sy werksaam by Northam Platinum Myn, as n Finansiële Administrateur: Krediteure.

Carla se sprankelende persoonlikheid en vriendelikheid sal deur almal gemis word.

Haar afsterwe word met hartseer betreur deur haar seun, pa, twee broers, een suster, familie en vriende.

Carla Isaks (26) het op Woensdag 26 September weens veelvuldige beserings, na ‘n tragiese motorongeluk, gesterf.