Staking skud gemeenskap
AMANDELBULT – Mynbedrywighede by Anglo American Platinum (Amplats) Rustenburg en Union Myne is op Woensdag 3 Oktober tot stilstand geruk nadat die onwettige stakings steeds werksaamhede by dié myne ontwrig, het die platinum produseerder gesê.
Anglo American werkers het ‘n memorandum ontvang waarin die volgende Platinum liggings as onveilig geïdentifiseer is weens die staking: Thembelani 1 en 2, Khomanani 1 en 2, Khuseleka, Siphumelele 1 en 2, Bleskop, Jabula, Pula en Kanana hostel, RTB Central Services, Union Myn, Amandelbult Myn en Bokoni Myn.
Op Donderdag 4 Oktober, is mynwerkers wat nie betrokke is by die staking nie, aangesê om huiswaarts te keer weens veiligheidsredes.
Woordvoerder, Mpumi Sithole het gesê dat die maatskappy steeds voortgaan om dissiplinêre aksie te neem teen die werkers wat deelneem aan die onwettige stakings.
Werkers by die Rustenburg myn is op Dinsdag aangesê om tuis te bly vir sekuriteitsredes en kon weer op Woensdag met die dagskof inval.
By die Union myn in Swartklip, het werkers op Dinsdag vir werk opgedaag, maar het geweier om ondergrond te gaan vir hul skofte.
Die maatskappy het ‘n interdik teen die werkers gekry en die stakingsaksie is onwettig verklaar. Werkers is ingelig dat hulle vir werk moet opdaag op Woensdag 3 Oktober.
Omtrent 21 000 mynwerkers, met ‘n arbeidsmag van 58,000 by die Amplats eksploitasie in Rustenburg, het twee weke gelede op ‘n staking gegaan en aangedring op ‘n R16000 salaris voor aftrekkings.
Die myn het die stakers se loon eise as “irrasioneel en buite enige vorm van bedinging” afgewys.
Die myn het gesê dat hulle reeds ‘n ooreenkoms met die unie het, wat in Junie 2013 verval en sal loon-onderhandelinge weer oor ses maande in aanvang neem.
Na sewe weke van arbeids onrus, is soveel as 75 000 mynwerkers oftewel 15% van die mynsektor se arbeidsmag, alreeds betrokke by stakings, terwyl ‘n nasionale vragmotorbestuurders stilstand brandstof verskaffing in gedrang bring. Indien dié staking aanhou, kan brandstofvulstasies opdroog en sommige banke se OTM’e kan moontlik sonder kontant wees.
Die rand het op Woensdag 1% teenoor die dollar verswak, deels te wyte aan die eskalering van die verskeie myn konflikte.