Jokers, Elvis by HFM Matriekafskeid

Die hoogtepunt van elke matriekleerling se skoolloopbaan, is waarskynlik die Matriekafskeid wanneer vriende en vriendinne saamkuier om 12 jaar se klasloop op ‘n feestelike manier af te sluit. HFM matriek maats het op Saterdagaand 29 September te Trollope & Trophy Breeders se saal hul matriekafskeid gevier met die tema “Games people play”. Op die foto is Gr 11-leerlinge wat as Jokers die matrieks vermaak het, Bennie Du Plessis, Nico Tromp en Stefan Van Tonder met hul “mocktails”.