Groot GPF Vergadering volgende week

THABAZIMBI – ‘n Gemeenskapspolisiërings vergadering word weer volgende Donderdagaand om 18:00 te Laerskool Thabazimbi-saal gehou.

Die vergadering is vir alle plaas en plotbewoners en –eienaars van die Kransbergdistrik (TBZ berg Noord tot Kransberg) en Ellisraspad tot Leeubos (Thaba Motswere ingang en linkerkant- en regterkant van die pad) asook Spitskop, Doornhoek, Kwaggasvlakte en Marakele plot eienaars en –bewoners. Vir enige inligting kontak gerus Adjudant Offisier Jaco Havenga by 083 360 9698.