LEEUPOORT – Alle inwoners van Leeupoort vakansiedorp word genooi om ‘n dringende vergadering rakende die water krisis op Saterdag te Leeupoort Karavaanpark om 11:00 by te woon.
Volgens mnr Johan Joubert, ‘n naweek-inwoner van Leeupoort en koördineerder van die vergadering, is die water situasie in Leeupoort kommerwekkend.
Nie net is die water onder in die dam hopeloos onsuiwer nie, maar is daar na bewering alreeds diere met geboortedefekte gewaar. “Die waterbesoedeling is ‘n donkerpunt vir die inwoners van Leeupoort, maar kan met samewerking en beraadslaging vinnig hok geslaan word.” Sê Joubert.
Die gasspreker tydens die vergadering is mnr Koos Nel, ‘n gesiene individu in die waterwese wat gaan gesels oor septiese tenks en water kwaliteit.
Vir meer inligting, kontak Johan Joubert by 082 573 1847.
