Nuus vanaf Roadhogs motorfietsklub

Deur Frik Erasmus

Tjoppies soek ‘n bike

Op Vrydag die 14 Oktober 2011, het Frik en Hekkie saam met Tjoppies na Brits en Pretoria gery om vir hom ‘n “bike” te soek.  Tjoppies se 750 Presling is ‘n goeie “bike”, maar ‘n bietjie wispelturig by tye. Die 750 is ook ‘n effe aan die klein kant vir sy karkas wat soos Fanie by die een plek gesê het: “Met jou “size” sal niks kleiner as ‘n 1200 deug nie, maar ‘n 1400 is ‘n beter roep.”

Op ‘n kol het die Presling gestotter en gestaak en na heelwat se geblasery, was ons weer op koers. Of hy sy nuwe “bike” gekry het, sal ons eers later weet.

Splitpin die biker

Splitpin is ‘n fiktiewe karakter en moet nie met enige-een lewend of dood vergelyk word nie.

Splitpin was ook ‘n myner en “mechanic”. Party sê hy was die beste “bike mechanic” ooit en kon ‘n “carburetor tune” terwyl hy die “bike wheelie”.  Ander weer het gesê hy is net nog ‘n “back yard mechanic”. Sy naam kom natuurlik vanweë sy bou. Of gebrek daaraan! Sommige sê hy is atleties gebou; soos ‘n spies!

Maar “bike” ry, dit kon Splitpin. Hy het ook alle soorte en “sizes bikes” gehad. Van die vinnigste “fifty” tot by die 1300 Kawa. Dit was natuurlik in die dae van speek-wiele toe “bikes” nog nie “mags” gehad het nie.

Deur die jare het Splitpin baie onderonsies gehad wat in volgende bydrae weerspieël sal word.

Splitpin was ook musikaal en het verskeie instrumente bespeel alhoewel tromme sy gunsteling was. Onder andere is die volgende opskrifte party van die lewens-lesse waarmee hy in sy tyd te doen gekry het: Splitpin word gebore; Splitpin verrek sy nek; Splitpin die afloerder; Splitpin en die hangende vrou; Splitpin en die tande debakel; Splitpin en die perde dokter; Splitpin word verorber; Splitpin verloor sy oog en Splitpin vang homself. Hou hierdie spasie dop vir staaltjies oor Splitpin.

Roadhogs Thabazimbi bedank graag Pick n Pay dat hulle ons toegelaat het om 29 Oktober 2011 speelgoed vir die “toy run “ te versamel. Hulle bedank ieder en elk wat so ryklik bygedra het. Hulle vra dat die gemeenskap hulle vir die volgende paar weke moet verdra, aangesien hulle nog ‘n paar sulke pogings voor die einde van die maand gaan loods. Die “toy run” vind op 27 November 2011 plaas.