Interlaer Gholf titel weer tuis

Laerskool Thabazimbi se Gholfspan vlnr: Heinrich Penzhorn, Henno Jordaan, Shaun Steenkamp en Zander Azar.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se Gholfspan het op Donderdag, 27 Oktober te Groblersdal, aan die jaarlikse Interlaer Gholf kompetisie gaan deelneem. Met goeie vertonings het die seuns daarin geslaag om vir die tweede agtereenvolgende jaar die titel huistoe te bring. Baie geluk aan Heinrich Penzhorn, Sean Steenkamp, Henno Jordaan en Zander Azar.

Individueel, wat volgens ‘n nul voorgee bepaal is, het die seuns ook baie goed gedoen. Zander het ‘n vyfdeplek behaal, Henno Jordaan het derde geëindig en Heinrich Penzhorn het algeheel tweede geëindig.

Met hierdie uitslae het Laerskool Thabazimbi ook die voorreg en geleentheid gekry om hierdie kompetisie volgende jaar aan te bied.