Vlugtige balle vir netbalspelers

Die O/12B Netbalspelers van Laerskool Vanwykskraal het die Area uitspeelwedstryde te Warmbad gewen. Agter vlnr: Zanre van Rensburg, Christelle Brink, Aurelia van Zyl en Anmarie Schutte. Voor vlnr: Anika Steenekamp, Tiffany Robbertse, Melanie Benade (Afrigter), Shelly Branders en Stephanie Robbertse.

MAKOPPA – Laerskool Vanwykskraal se O/12 B Netbaldogters het Donderdag 19 Mei 2011 te Warmbad die Area uitspeelwedstryde gewen.

Die eerste rondte het hulle teen Laerskool Jinah Park 10-8 gewen en die tweede rondte wen hulle die wedstryd teen L/S Nylstroom met 19-1.

Hulle speel eerskomende Saterdag 28 Mei op Potgietersrus in die Distriktoernooi