Laerskool Netbal aangewys as Area wenners

BELA – BELA – Laerskool Thabazimbi se netbal dogters het verlede Donderdag 19 Mei, aan baie belangrike ligawedstryde deelgeneem wat by Laerskool Warmbad aangebied is. Die deelnemende skole was Laerskole Warmbad, Nylstroom en Thabazimbi. Die O/11A, O/12A, O/13A en O/13B -spanne is aangewys as die Area wenners en sal eerskomende Saterdag 28 Mei deelneem aan die Streekskampioenskappe wat op Pietersburg aangebied sal word.