
THABAZIMBI – Laerskool Koedoeskop het ook aan die Area-byeenkoms deelgeneem wat deur Laerskool Thabazimbi op Saterdag 12 Februarie aangebied was.
Ses atlete is ook verkies vir die Streeksbyeenkoms wat eerskomende Saterdag gehou word te Warmbad.
Die volgende atlete sal ook tydens die Streeksbyeenkoms deelneem. Coreen Robbertse behaal ‘n derdeplek Dogters O/10 hekkies, Rensia Ehlers behaal ‘n derdeplek vir hoogspring en verspring en JT Cronjé behaal ‘n derdeplek vir Seuns gewigstoot O/10.

