Tannie Sannie word 80

Tannie Sannie Erasmus vier haar 80ste verjaarsdag eerskomende Sondag.

THABAZIMBI – Groot feesvieringe is te wagte wanneer Tannie Sannie Erasmus op Sondag 12 September haar 80ste lewensjaar vier.

Tannie Sannie is van die vroeër vyftigerjare in die Thabazimbi omgewing.  Sy was eers met Jan Lourens getroud en het op ‘n plaas naby Dwaalboom gebly. Na oom Jan se afsterwe is tannie Sannie weer in die eg verbind met oom Giel Erasmus. Weer was plaaslewe vir haar beskore en met haar man en twee stief kinders het hulle die omgewing baie geniet.

Oom Giel se afsterwe laat tannie Sannie alleen op die plaas. In 2001 verkoop sy die grond en verhuis na Thabazimbi. Haar stiefdogter en -seun is albei getroud en sy is ‘n ouma van vyf kleinkinders en een agter kleinkind.