HFM Jukskei verwerf provinsiale kleure

THABAZIMBI – Sewe Jukskei-spelers van HFM het op 28 Augustus te Pietersburg deelgeneem en provinsiale kleure verwerf.
Mnr. Booyens, wat sy provinsiale kleure verwerf het, het ook vir sy Masters gekwalifiseer. Die O/19 seuns het derde van drie skole geëindig en ‘n brons medalje ontvang, die O/19 gemengde span kom tweede van drie skole en ontvang silwer. Die O/16 meisies-span eindig tweede van vier skole en ontvang ook ‘n silwer medalje.
Die spelers sal weer op 9 Oktober aan die keuring vir Bondedag deelneem.