1ste krieketspan wen teen Ellisras
THABAZIMBI – HFM se Eerste-krieketspan het verlede week teen Ellisras te staan gekom.
HFM het eerste gekolf en het 220 lopies in 35 boul beurte aangeteken. Die beste kolwers op die dag was Le Roux Bodenstein met 62 lopies nie uit nie en J D Dorman met ‘n waardevolle telling van 36 nie uit nie. Ettienne Marais het ongelukkig sy 50 tal net mis geloop met 42, Hennie Fourie teken 36 lopies aan. Ellisras gaan kolf en word uitgehaal in die 27ste beurt vir net 134 lopies. Die beste bouler was Le Roux Bodenstein met 3 paaltjies vir 26 lopies in 6 beurte en Muller Lategan met 3 paaltjies vir 32 lopies in 7 boul beurte. HFM wen die wedstryd met 95 lopies.