Laerskool Thabazimbi toer na die Kaap

KAAP- Gedurende die April vakansie het 30 van Laerskool Thabazimbi se netbal en rugby spelers ‘n toer meegemaak wat hulle al die pad na Stellenbosch geneem het.

Die toer het op 25 Maart vertrek om aan wedstryde in die Kaap te gaan deelneem. World Sports Events het die byeenkoms aangebied op die velde van Paul Roos Gimnasium. Die Netbaldogters het elke dag formele afrigting ontvang voor hulle wedstryde en gedurende hul “af” dae is besoek afgelê aan die Canal Walk Mall in Kaapstad en die Somerset Mall in Muizenberg. Die groep het tuisgegaan in Gordonsbaai reg langs die see en dit het hulle die geleentheid gebied om elke dag ‘n draai op die strand te maak. Kineilwe Phiri, Morongwa Mashiane, Barend Oosthuizen en Sean Thungo het medaljes ontvang vir hulle uitsonderlike spel. Die leerders wil graag hul dank uitspreek vir die geleentheid om hierdie ongelooflike ondervinding te kon meemaak en aan die span afrigters wat hulle vergesel het.