Skoonheidskompetisie

Plaaslike skoonheid die 8 jarige Nicole Swanepoel het verlede jaar met die titel van eerste prinses in haar ouderdomsgroep weggestap.
THABAZIMBI – Die jaarlikse trekpleister vir die meisies en ouens, die Mnr en Mej Thabazimbi Expo skoonheidskompetisie vind hierdie jaar op Saterdag 1 Mei om 14:00 by die Thaba Spar verhoog plaas. Registrasie begin reeds om 13:00 en die inskrywingsgelde beloop R250. Die ouderdomsgroeppe vir die meisies is 5-7, 8-11, 12-14, 15-17 en 18-24 en vir die ouens 13-24. Hierdie jaar is daar nie ‘n tydgleuf vir ‘n uitdunrondte toegeken nie, slegs vir ‘n finaal en daarom hoef die deelnemers slegs formele uitrustings vir die finaal aan te trek. Thaba Spar wat hierdie jaar tot ‘n Super Spar opgegradeer is tree as hoofborg vir hierdie spoggerige geleentheid op. Daar is hope pryse te wen en vir die meisies wat in die oudste ouderdomsgroep deelneem is daar ‘n spesiale verrassing. Die meisies wat onder die top drie eindig, en aan die nodige vereistes voldoen, staan hierdie jaar die kans om deur te gaan na die uitdunrondte vir Mej Suid Afrika. Kom neem gerus deel aan hierdie kompetisie wat jaarliks groot aftrek kry by die Thabazimbi Expo. Vir enige verdere inligting kontak gerus vir Peter de Beer by 073 452 6878.